Seal of the Church in the Province of Southern Africa The Book of Common Prayer
United States England Scotland Ireland Wales Canada World

    ’N Alternatiewe Vorm van Heilige Kommunie
Holy Communion (1929) in Afrikaans

 

’N ALTERNATIEWE VORM
VAN DIE
FORMULIER
VIR DIE
BEDIENING
VAN DIE
HERE SE AVONDMAAL
OF
HEILIGE KOMMUNIE

 


Op gesage uiteengesit, vir gebruik in die “Church of the Province of South Africa” waar dit deur die Biskop veroorloof word.


Society for Promoting Christian Knowledge
London, Johannesburg, Salisbury:


 

DIE FORMULIER
VIR DIE BEDIENING VAN
DIE HERE SE AVONDMAAL
OF
HEILIGE KOMMUNIE

¶ Almal, wat voornemens is om aan die heilige Kommunie deel te neem, sal hulle name op sy laatste gedurende die vorige dag by die Leraar ingee.

¶ En indien enigeen van hulle openlik en sonder berou in die sonde lewe, of die kanonieke verordeninge van die Kerk openlik oortree, sal die Leraar, as hy daarvan weet, hom laat roep en vermaan dat hy in elk geval nie moet waag om na die Tafel van die Here te kom, alvorens hy openlik bely het dat hy innig berou het en hom van sy vorige sondige lewe bekeer het nie, opdat die Gemeente, wat tevore aanstoot geneem het, daardeur tevrede gestel mag word; en dat hy vergoeding gedoen het aan diegene wat hy veronreg het; of tenminste verklaar dat hy vas voornemens is om dit te doen, sodra hy die geleentheid daartoe kry.

¶ Op dieselfde wyse sal die Leraar optree teen diegene van wie hy merk dat hulle in haat en nyd met mekaar lewe; hulle nie toelaat om tot die Tafel van die Here toe te tree, alvorens hy weet dat hulle versoen is nie. En indien een van die partye in so 'n onenigheid bereid is om die ander al sy oortredings van ganser harte te vergewe, en vergoeding te doen waar hyself aanstoot gegee het; en die ander party hom nie tot 'n godvrugtige eensgesindheid wil laat oorhaal nie, dog in sy weespannigheid en nyd volhard: behoort die Bedienaar in so 'n geval die berouvolle persoon tot die heilige Kommunie toe te laat, en nie vir hom wat weerspannig is nie. Mits elke Bedienaar, wat enigeen aldus wegwys, soos hierin uiteengesit, of in die onmiddellik voorafgaande Paragraaf van hierdie Rubriek, verplig sal wees om daarna, binna veertien dae op sy langste, aan die Bishop vesalp te doen. En indien die geleentheid dit vereis, sal die Biskop volgens die Kanon optree teen die persoon wat aanstoot gee.

¶ Ten tye van die Kommunie sal die Tafel met 'n skoon wit linnekleed bedek wees. En die Priester sal, terwyl hy by die Tafel staan, en die mense met eerbied kniel, met 'n duidelike en hoorbare stem sê

   

 

Afrikaans is a language spoken by about 5,000,000 people, mostly in South Africa. It is quite similar to Dutch, and developed from Dutch colonists in South Africa. It began deviating from Dutch in the late 19th century, but wasn't officially recognized as a separate language until the 1920's. The first Anglican liturgical material appeared in Afrikaans in the 1920's; prior to that Dutch was used (see the 1662 Book of Common Prayer in Dutch, intended for use in South Africa).

This present work is a translation of the 1929 Alternative Communion Service of the Anglican Church in South Africa. One can compare it with the English version which was part of the 1954 South African BCP. It is undated, but there are prayers for King George (VI), who reigned from 1936-1952.

Title page, Afrikaans Communion

 

Thanks are due to Richard Mammana, who provided and transcribed this text.

 

INLEIDING.

ONSE Vader wat in die hemele is, Laat u Naam geheilig word, Laat u koninkryk kom, Laat u wil geskied, Soos in die hemel net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, Soos ons ook ons skuldenaars vergewe. En lei ons nie in versoeking nie; Maar verlos ons van die Bose. Amen.

Die Gebed.

ALMAGTIGE God, vir wie alle hart bloot lê, alle begeertes bekend is, en vir wie geen geheime verborge is nie: Reinig die gedagtes van ons harte deur die wekinge van u Heilige Gees, opdat ons U volkome mag liefhê, en u heilige Naam waardiglik mag verheerlik; deur Christus onse Heer. Amen.
 

Introduction

Lord's Prayer

¶ Dan sal die Priester, terwyl hy hom na die mense keer, die TIEN GEBOOIE voluit en duidelik opsê; en die mense, nog steeds op hul kniee, smeek God na elke Gebod om barmhartigheid vir hulle oortreding van elke verpligting daaronde (of na die letterlike of na die geestelike betekenis daarvan) in die verlede, en om genade vir die onderhouding daarvan in die toekoms, as volg.

Bedienaar

    I. God het hierdie woorde gespreek, en gesê: Ek is die Here jou God; Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.
    II. Jy mag vir jou geen gesnede beeld, of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor julle nie neerbuig en hulle nie dien nie.
    III. Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie.
    IV. Dink aan die Sabbatdag dat jy dit heilig. Ses dae moet jy arebei en al jou wek doen; maar die sewende dag is die Sabbat van die Here jou God.
    V. Eer jou vader en jou moeder.
    VI. Jy mag nie doodslaan nie.
    VII. Jy mag nie egbreek nie.
    VIII. Jy mag nie steel nie.
    IX. Jy mag geen valse getuienis spreek nie.

En die mense en koor sal sê of sing na elke gebod,

    X. Jy mag nie begeer nie.

Antwoord. Here, wees ons genadig, en skrywe al hierdie wette van U in ons harte, ons smeek U.

Mits die Tien Gebooie minstens eenmaal elke Sondag in Advent en Lent opgesê word, mag hule op ander tye nitgelaat word. As hulle so uitgelaat word, dan sal volg:

JESUS het gesê: Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, en met jou hele siel, en met jou hele verstand: Dit is die eerste en groot gebod. En die tweede wat hiermee gelykstaan, Jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Aan hierdie twee gebooie hang die hele wet en die profete.

Mense. Here, wees ons genagid, en skrywe hierdie wette van U in ons harte, ons smeek U.

Na hierdie samevatting, of in plaas daarvan, mag gesê of gesing word:

Here, wees ons genadig.
    Christus, wees ons genadig.
Here, wees ons genadig.

Dan word gesê:

Priester. Die Here sy met u;
Mense. En met u gees.

Laat ons bid.

¶ Dan word die Gebed van die Dag opgesê. Ander Gebede, soos bepaal of toegelaat, mag volg, en die laaste hiervan moet die volle einde hê.
 

Ten Commandments

LERING

¶ En onmiddellik na die Gebed lees die Priester die Sendbrief, en sê, Die Sendbrief (of, Die gedeelte van die Skrif vir die Sendbrief bepaal) is opgeteken in die —— Hoofstuk van —— en begin met Vers ——. En aan die end van die Sendbrief, sê hy, Hier eindig die Sendbrief. Dan (terwyl al die mense staan) lees hy die Evangelie, en sê, Die heilige Evangelie is opgeteken in die —— Hoofstuk van —— en begin met Vers ——.

Mense. Ere sy U, O Heer.

En na die Evangelie sal die mense sê of sing,

Dank sy U, O Heer.

¶ En hy, wat die Sendbrief of Evangelie lees, sal hom so na die mense toe keer, dat almal kan hoor.

As daar ongedooptes of boetvaardiges teenwoordig is, kan die Preek hierop volg, waarna hy hulle met gebed en seëning uiteen sal laat gaan. En dan, terwyl al die mense staan, sal die volgende Geloofsbelydenis opgesê of gesing word.
 

Instruction
EK glo in een God die Vader die Almagtige, Skepper van hemel en aarde, En van alle sigbare en onsigbare dinge:
    En in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, Gebore van die Vader voor alle bestaan, God uit God, Lig uit Lig, Waaragtige God uit waaragtige God, Gebore, nie gemaak nie, Van een wese met die Vader, Deur wie alle dinge gemaak is: Wat vir ons mense, en vir ons saligmaking, neergedaal het uit die hemel, En vlees geword het deur die Heilige Gees uit die Maagd Maria, En mens geword het, En ook vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus. Hy het gely en is begrawe, En die derde dag het hy volgens die Skrif weer opgestaan, En het opgevaar na die hemel, En sit aan die regterhand van die Vader. En hy sal weer in heerlikheid kom om te oordeel beide die lewende en die dode: Wie se koninkryk geen einde sal hê nie.
    En ek glo in die Heilige Gees, Die Here, die Gewer van die Lewe, Wat uitgaan van die Vader en die Seun, Wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik word, Wat gespreek het deur die Profete. En ek glo in Een, Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk. Ek bely een Doop tot vergewing van sondes, En ek sien uit na die Wederopstanding van die dode, En die lewe hiernamaals. Amen.

¶ Dan sal die Leraar aan die mense bekend maak watter Fees- of Vasdae gedurende die komende Week in ere gehou moet word. En dan (indien nodig) sal hy ook kennis gee van die Kommunie, en Huweliksgebooie afkondig; en Opdragte, Oproepe, en Ekskommunikasies aflees. En geen afkondigings en kennisgewings in die Kerk, gedurende Godsdiensoefening, sal geskied anders as deur die Bedienaar nie: en sels deur hom slegs wat in die Bepalinge van hiedie Boek voorgeskrewe of deur die Biskop gelas word.

Dan mag die Preek volg, tensy dit alreeds vóór die Geloofsbelydenis gelewer is.
 

Nicene Creed

OFFERTORIUM

Dan sal die Priester na die Tafel van die Here terugkeer, en die Offertorium begin deur een of meer van die volgende Sinne te lees, wat hy na sy oordeel as die geskikste beskou.

    ADVENT. Verheug jou grootliks, O dogter van Sion; Juig, O dogter van Jerusalem: kyk, jou Koning kom na jou. Sagaria 9.
    GEBOORTE VAN ONSE HEER. ’n Kind is vir ons gebore, ’n seun is aan ons gegee. Jesaja 9.
    EPIFANIE. Al die Konings sal hulle voor hom buig; al die nasies sal hom dien. Psalm 72.
    LENT. Skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want hy is genadig en barmhartig. Joël 2.
    LYDENSTYD. Die smaad breek my hart; en ek moet bewe; ja ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie. Psalm 69.
    PASSTYD. Christus is opgewek uit die dode; hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Halleluja. I Korinthiërs 15.
    HEMELVAART. Hef op julle hoofde, O poorte, ja verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan Halleluja. Psalm 24.
    PINKSTERDAG. Ek sal my gees uitgiet op alle vlees. Halleluja. Joël 2.
    DRIEËENHEID. Wie sal U nie vrees nie, Here, en u naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig. Openbaring 15.
    DAE VAN HEILIGES. Al u werke loof U, O Here, en u gunsgenote prys U. Psalm 145.
    BY DIE HERDENKING VAN DIE ONTSLAPENES. Nieman van ons leef vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. Want as ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here: of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here. Romeine 14.
    ALGEMEEN. Laat julle lig so skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik. Matthéüs 5.
    Moenie vir julle skatte bymekaarmaak op die aarde waar mot en roes verniel en waar diewe inbreek en steel nie: maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie, en waar diewe nie inbreek en steel nie. Matthéüs 6.
    Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen—net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die Wet en die Profete. Matthéüs 7.
    Nie elkeen wat vir my sê, Here, Here, sal ingaan in die Koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Matthéüs 7.
    Onthou die woorde van die Here Jesus, dat hy gesê het, Dit is saliger om te gee as om te ontvang. Handelinge 20.
    Laat hom wat in die woord onderwys ontvang, meedeel van alle goeie dinge aan hom wat onderwys gee. Moenie dwaal nie, God laat hom nie bespot nie: want net wat die mens saai, dit sal hy ook maai. Galáte 6.
    Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof. Galáte 6.
    Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme: die Here sal hom red in die dag van onheil. Psalm 41.
    Wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het, en hom vir ons oorgegee het as ’n gawe en offer aan God tot ’n lieflike geur. Efésiërs 5.
    Ek vermaan julle dan, broeders, deur die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ’n lewendige, heilige en aan God welgevallige offer; dit is julle redelike godsdiens. Romeine 12.
    Melgisédek, die koning van Salem, wat ’n priester van die allerhoogste God was, het brood en wyn gebring. Génesis 14.
    Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die Here aanroep; ek sal my geloftes aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk. Psalm 116.
    Dit kom alles van U, en uit u hand het ons dit aan U gegee. I Kronieke 29.

Terwyl hierdie Sinne gelees word, neem die Diakens, Kerkopsieners of ’n ander geskikte persoon daartoe aangestel die Liefde- en ander offergawes van die mense op in ’n behoorlike kollektebord deur die Parogie daartoe verskaf; en bring dit met eerbied na die Priester, wat dit in ootmoed ten offer bring en up die heilife Tafel lê.

En die Priester sal soveel Brood en Wyn op die Tafel plaas as wat hy as voldoende ag, en sê,

SEËN, O Heer, ons smeek U, hierdie gawes van U en wy hulle aan hierdie heilige doel, dat ons daar-deur tot die ewige lewe van siel en liggaam gevoed mag word; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.

¶ Wanner Voorbidding of Danksegging vir enige besonder saak moet gedoen word, sal daarin voorsien word deur ’n Vorm van Versoekgebed, of hier óf vóór die Offertorium.

Waarna die Priester dan sal sê,

    Laat ons bid vir die ganse ryk van die Kerk van Christus.

ALMAGTIGE en ewig-lewend God, wat ons deur u heilige Apostel geleer het om vir alle mense te bid, te smeek en te dank: In ootmoed smeek ons U om ons (liefde- en) offergawes in alle genade aan te neem en hierdie gebede te verhoor wat ons tot u Goddelike Majesteit opstuur; en U bid om gedurig die algemene Kerk te besiel met die gees van waarheid, eendrag en eensgesindheid: En gee dat almal wat u heilige Naam bely in die waarheid van u heilige Woord verenig mag wees, en in eensgesindheid en godsalige liefde mag lewe.
    Ons smeek U ook om alle nasies op die weg van geregtigheid en vrede te lei, en om alle Konings, Presidente en Regeerders so te bestier dat die wêreld onder hulle godsalig en vreedsaam regeer mag word. En gee dat u Dienskneg GEORGE ons Koning, sy ministers en parlemente, en almal wat in sy Dominiums met gesag belas is, die reg getrou en onpartydig sal uitoefen ter verywydering van alle sondigheid en ondeug en in die handhwaing van orde en opregte lewe.
    Skenk genade, O hemelse Vader, aan alle Biskoppe, Priesters en Diakens, en veral aan u Dienskeneg N. ons Biskop, opdat hulle in hulle lewe sowel as leer u ware en lewende Woord mag verkondig, en u heilige Sakramente suiwer en behoorlik mag bedien: En skenk u hemelse genade aan al u mense; en veral aan hierdie gemeente hier teenwoordig; opdat hulle met nederige harte en verskuldigde eerbled u heilige Woord mag hoor en aanneem; U al die dae van hul lewe trou in heiligheid en opregtheid mag dien. [Lei en begunstig, ons smeek U, almal wat hulle beywer vir die uitbreding van u Evangelie onder die volkere.]
    [En skenk aan alle Skole en Universiteite die lig van u Gees, opdat die wêreld met die kennis van u Waarheid vervul mag word.] [En vergun dat alle mense in hulle onderskeie beroepe die algemene welsyn mag nastreef, en die welbehae en broederskap op aarde mag bevorder.]
    En in alle ootmoed smeek ons U, O Heer, om in u goedheid almal, wat in hierdie verganklike lewe in moeilikheid, droefheid, nood, siekte of enige ander teenspoed verkeer, te troos en te help.
    En ons dra aan u genadige bewaring op, O Heer, al u diensknegte in u geloof en vrese heengegaan, en smeek U om hulle genade, lig en vrede te sken, én nou én op die opstandingsdag.
    En hier betuig ons U, O Heer, die allerhoogste lof en hartlike dank vir die wonderlike genade en deug in al u Heiliges geopenbaar, en veral in die Heilige Maagd Maria, Moeder van u Seun Jesus Christus ons Heer en God, en in die heilige Patriarge, Profete, Apostels en Martelare; ons smeek U om genade opdat ons, wat ons in die Gemeenskap van die Heiliges verheug, en die goeie voorbeelde navolg van hulle wat U hier gedien het, saam met hulle deelgenote van u hemelse koninkryk mag wees:
    Gee ons dit, O Vader, om jesus Christus-wil, ons enigste Middelaar en Voorspraak. Amen.
 

Offertory

VOORBEREIDING

Dan sal die Priester aan die, wat kom om aan die heilige Kommunie deel te neem, sê,

U  WAT waaragtig en ernstig berou het oor u sondes, en in liefde en welwillendheid met u naaste saamleef, en voornemens is om 'n nuwe lewe te lei, die gebooie van God te onderhour, en voortaan sy heilige weë te bewandel: Tree gelowig toe, neem hierdie heilige Sakrament tot u troos; en bely u sonde in ootmoed voor die Almagtide God, terwyl u nederig op u knieë neerkniel.
 

Preparation

Dan word hierdie algemene Belydenis, deur een van die Bedienaars, gedoen namens almal wat in die gesindheid verkeer om die heilige Kommunie te ontvang; terwyl beide hy en al die mense in ootmoed op hulle knieê neerkneil en sê.
 

¶ Op werkdae, wat nie Feesdae is nie, mag die volgende, met verlof van die Biskop, gebruik word:

 

ALMAGTIGE God, Vader van onse Here Jesus Christus, Skepper van alle dinge, Regter van alle mense: Ons erken en betreur ons menigvuldige sondes en boosheid, Wat ons, keer op keer allergriewends deur gedagte, woord en daad, teenoor u Goddelike Majesteit begaan het, En tereg u toorn en afkeer oor ons gebring het. Ons het ernstige berou, En is innig jammer oor hierdie wandade van ons; Die gedagte daaraan is griewend vir ons; Die las daarvan is ondraaglik. Wees ons genadig, Wees ons genadig, allergenadigste Vader; Vergeef alles van die verlede, terwille van u Seun onse Here Jesus Christus; En gee dat ons U hierna altoos In 'n nuwe lewe mag Dien en behaag, Tot eer en verheerliking van u Naam; Deur Jesus Christus onse Heer. Amen.
 

ONS bely voor God die Almagtige, die Vader, die Seun en die Heilige Gees, dat ons, deur ons eie griewende skuld in gedagte, woord en daad, gesondig het. Daarom bid on s God om ons genadig te wees.  
¶ Dan sal die Priester (of die Biskop, as hy teenwoordig is) opstaan, en, terwyl hy hom na die mense keer, hiedie Absolusie uitspreek.
 

DIE ABSOLUSIE
 

 
ALMAGTIDE God, onse hemelse Vader, wat uit sy grote genade vergewing van sondes beloof het aan almal wat hul met innige berou en ware geloof tot hom keer: Sy u genadig; vergewe en verlos u van al u sondes; bevestig en versterk u in alle veroomheid; en lei u tot die ewige lewe; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.
 
ALMAGTIGE God sy u genadig; vergewe u al u sondes en verlos u van alle kwaad; bevestig en versterk u in alle vroomheid; en lei u tot die ewige lewe. Amen.  

Dan sal die Priester sê,

    Hoor watter vertroostende woorde ons Saligmaker Christus tot almal spreek wat hulle waaragtig tot hom keer:
    Kom na my toe, almal wat vermoeid en belas is, en ek sal jule rus gee. Matthéüs. 11.
    So lief het God die wêreld gehad, dat hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die eige lewe kan hê. Johannes 3. 16.
    Hoor ook wat die Heilige Paulus sê:
    Dit is 'n betroubare woord en werd om ten volle aageneem te word, Dat Christus Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red. I Timótheüs 1. 15.
    Hoor ook wat die Heilige Johannes sê:
    As iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus die regverdige; en hy is 'n versoening vir ons sondes. I Johannes 2. 1.
 

Comfortable Words

DIE WYDING.

As die Priester die Brood en Wyn so gerangskik het dat hy die Brood maklik en op behoorlike wyse voor die mense kan breek, en die Beker in sy hande kan neem, sal hy, terwyl hy voor die Tafel staan, die Wydingsgebed opsê, soos volg:

Priester. Die Here sy met u;
Antwoord. En met u gees.
Priester. Verhef u harte;
Antwoord. Ons verhef dié tot die Here.
Priester. Laat ons die Here ons God dank;
Antwoord. Dit is reg en betaamlik om so te doen.

¶ Dan sal die Priester hom na die Here se Tafel keer, en sê,

DIT is volkome reg, betaamlik en ons dure plig dat ons U te alle tye, en op alle plekke dank, O Heer, Heilige Vader, Almagtige, Ewige God.

Hier sal nou die Gepaste Voorrede volgens die geleentheid volg, indien daar enige besondere bepaal is, of anders sal op Sondae volg:

WAT, met u eniggebore Seun en die Heilige Gees één God, één Here is, in die Drieëenheid van Persone en in Eenheid van Wese, wat alle dinge deur u ewige Woord geskape. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

¶ Op ander dae volg onmiddellik:

DAAROM prys en verheerlik ons u grote Naam, saam met die Engele en Aartsengele en al die hemelse leërskare; en ewig loof ons U, en sê:
    Heilig, heilig, heilig, Here God der Leërskare, die hemel en aarde is vol van u heerlikheid; Ere sy U, O allerhoogste Heer. Amen.

U SY al die Heerlikheid en Danksegging, Almagtige God, ons hemelse Vader, want U het uit u tere erbarming u enige Seun Jesus Christus gegee, om ons natuur aan te neem, en ter verlossing van ons die dood aan die Kruis te sterf: wat (deur sy één offerande van homself eenmaal ten offer gelê) ’n volle, volkome, en voldoende offer, offerande, en genoegdoening vir die sondes van die ganse wêreld gebring het: en wat ’n ewigdurende gedagtenis aan dit, sy dierbare dood, ingestel het, en ons in sy heilige Evangelie beveel het om dit te onderhou tot sy wederkoms.
    Hoor ons, O barmhartige Vader, ons smeek U in die grootste ootmoed; en gee dat ons, wat hierdie gawes van u skepping, die brood en die wyn, ontvang na die heilige instelling van u Seun ons Saligmaker Jesus Christus, ter gedagtenis aan sy dood en lyding, sy allergeseënde Liggaam en Bloed deelagtig mag word: wat, in dieselfde nag toe hy verraai is, * brood geneem het; en, nadat hy gedank het, het hy dit †gebreek en aan sy dissipels gegee en gesê, Neem, eet, ‡dit is my Liggaam wat vir julle gegee word: Doen dit tot my gedagtenis. Net so het hy ook ná die maaltyd die Beker|| geneem; en, nadat hy dedank het, het hy dit aan hulle gegee, en gesê, Drink almal daaruit; want dit **is my Bloed van die Nuwe testament, wat vir julle en vir vele uitgestort word tot vergewing van sondes: Doen dit, so dikwels as julle daaruit drink, tot my gedagtenis.

The Consecration

 

Hier neem die Priester die Pateen in sy hande:
En hier breek hy die Brood:
En hier lê hy sy hnd op al die Brood:
|| Hier neem hy die Beker in sy hand:
** En hier lê hy sy hand op elke beker (sy dit Avondsmaalbeker of Skinkkan) waarin daar enige Wyn is wat gewy moet word.

 

    Daarom, O Heer en hemelse Vader, waar ons sy geseënde lyding en dierbare dood, sy magtige wederopstanding en heerlike hemelvaart gedenk, bring ons, u nederige diensknegte, U, na die instelling van u seer geliefde Seun, ons Saligmaker Jesus Christus, ons allerhartlikste dank vir die ontelbare seëninge vir ons daardeur verwerf; en, waar ons uitsien na sy wederkoms in krag en grote heerlikheid, lê ons hierdie heilige Brood van die ewige lewe en hierdie Beker van ewigdurende saligheid voor aan u goddelike majesteit; en ons smeek U in ootmoed om u Heilige Gees op ons en op hierdie gawes van U uit te stort, opdat ons almal wat aan hierdie heilige Kommunie deelneem, die allerdierbaarste Liggaam en Bloed van u Seun waardiglik mag ontvang, en vervul mag word met u genade en hemelse seëning.
    En ons begeer heelhartig van U om in u vaderlike goedheid hierdie offer van lof en danksegging in genade aan te neem; ons smeek U in alle ootmoed om te gee dat ons en u ganse Kerk deur die verdienste en dood van u Seun Jesus Christus, en deur die geloof in sy bloed vergewing van ons sondes, en alle ander seëninge van sy lyding mag verwerf.
    En hier gee ons en bied U aan, O Heer, onsself, ons siele en liggame, om ’n redelike, heilige en lewende offer voor U te wees.
    En hoewel ons, vanweë ons menigvuldige sondes, onwaardig is om U enige offer te bring, smeek ons U nogtans om hierdie dure plig en diens van ons aan te neem; nie na ons verdienste nie, maar deur ons oortredings te vergewe, deur Jesus Christus onse Heer; deur wie, en met wie, in die eenheid van die Heilige Gees, alle eer en heerlikheid aan U toegebring word, O Almagtige Vader, tot in alle ewigheid.

¶ Laat al die mense hier sê, Amen.

    Soos ons Saligmaker Jesus Christus ons beveel en geleer het, sê ons met vrymoedigheid:

¶ Dan sal die Priester en Mense saam die Gebed van die Here opsê.

ONSE Vader wat in die hemele is, Laat u Naam geheilig word, Laat u koninkryk kom, Laat u wil geskied, Soos in die hemel net so ook op die aarde. Gee ons vandag ons daaglikse brood. En vergeef ons ons skulde, Soos ons ook ons skuldenaars vergewe. En lei ons nie in versoeking nie; Maar verlos ons van die Bose.
    Want aan U behoort die koninkryk, Die krag, en die heerlikheid, Tot in ewigheid. Amen.
 

 

KOMMUNIE

¶ Dan sal daar vir ’n tydlank stilte wees, waarna hierdie gebed, gesê deur die Priester, terwyl hy kniel, sal volg namens hulle almal wat die Kommunie sal ontvang,

ONS waag dit nie, O genadige Heer, om tot hierdie Tafel van U toe te tree, met die vertroue in ons eie geregtigheid nie, maar in u menigvuldige en grote barmhartighede. Ons is dit nie eens waardig om die krummels onder u Tafel op te tel nie. Maar U is dieselfde Heer, wie se eienskap altoos is om genade te betoon: Skenk ons dus, genadige Heer, om so van die vlees van u liewe Seun Jesus Christus te eet, en van sy bloed te drink, dat ons sondige liggame deur sy liggaam gereinig, en ons siele deur sy allerdierbaarste bloed gewas mag word, en dat ons immermeer in hom mag bly en hy in ons. Amen.

¶ Dan sal die Priester die Brood breek, en eers self die Kommunie in altwee soorte ontvang, en dan gaan hy voort en gee dit oor aan die Biskoppe, Priesters, en Diakens, op dieselfde wyse, (as daar enige teenwoordig is,) en daarna aan die mense ook in volgore, in hulle hande, terwyl hulle almal deemoedig kniel. En, wanneer hy die Brood aan iemand gee, sal hy sê,

DIE Liggaam van onse Here Jesus Christus, wat vir u gegee is, bewaar u liggaam en siel tot die ewige lewe. Neem en eet dit tot gedagtenis dat Christus vir u gesterf het, en leef van hom in u hart deur die geloof met danksegging.

¶ En die Bedienaar wat die Beker aan iemand gee sal sê,

DIE Bloed van onse Here Jesus Christus, wat vir u gestort is, bewaar u liggaam en siel tot die ewige lewe. Drink dit tot gedagtenis dat die Bloed van Chrustus vir u uitgestort is, en wees dankbaar.

Of anders sal die Priester, voordat hy die Brood aan die mense gee, tot die hele Gemeente sê,

KOM nader en ontvang die Liggaam en Bloed van onse Here Jesus Christus, wat vir u gegee is, en leef van hom in u harte deur die geloof met danksegging.

En as hy so gesê het, sal hy, wanneer hy die Brood aan iemand gee, sê,

DIE Liggaam van onse Here Jesus Christus bewaar u liggaam en siel tot die ewige lewe.

En die Bedienaar wat die Beker aan iemand gee sal sê,

DIE Bloed van onse Here Jesus Christus bewaar u liggaam en siel tot die ewige lewe.

¶ Nadat almal die Kommunie ontvang het, sal die Priester na die Tafel van die Here terugkeer, en met eerbied daarop plaas wat oorgebly het van die gewyde Elemente, en sal dit bedek met ’n wit linnekleed; of anders, dit, na sy goeddunke, met eerbied eet en drink.
 

Communion

DANKSEGGING

¶ Dan sal hy hierdie Dankgebed vir die Kommunie sê,

Priester. Loof die Here, want hy is goed;
Antwoord. Want sy goedertierenheid is tot in ewigheid.

ALMAGTIGE en ewig-lewende God, ons dank U van ganser harte, dat U ons, wat hierdie heilige verborgenhede na behore ontvang het vergun om met die geestelike spyse van die allerdierbaarste Liggaam en Bloed van u Seun ons Saligmaker Jesus Christus gevoed te word; en ons daardeur verseker van u guns en goedheid jeens ons; en dat ons ware deelgenote in die mistiese liggaam van u Seun is, wat die geseënde gemeenskap van alle gelowige mense is; en ook deur die hoop erfgename van u ewige koninkryk is, deur die verdienste van die allerdierbaarste dood en lyding van u liewe Seun. En ons smeek U in die grootste ootmoed, O hemelse Vader, om ons so met u genade te help, opdat ons in daardie heilige gemeenskap mag voortleef, en al sulke goie werke mag doen soos U vir ons voorberei het om in te wandel; deur Jesus Christus onse Heer, aan wie, met U en die Heilige Gees, sy alle eer en heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Dan sal gesê of gesing word,

ERE sy God in die hoogste hemele, en vrede op aarde, in die mense ’n welbehae. Ons prys U, ons loof U, ons aanbid U, ons verheerlik U, ons dank U vir u grote heerlikheid, O Here God, hemelse Koning, God die Vader die Almagtige.
    O Here, die eniggebore Seun, Jesus Christus; O Here God, Lam van God, Seun van die Vader, wat die sondes van die wêreld wegneem, wes ons genadig. U wat die sondes van die wêreld wegneem, wees ons genadig. U wat die sondes van die wêreld wegneem, verhoor ons gebed. U wat aan die regterhand van God die Vader sit, wees ons genadig.
    Want U alleen is heilig; U alleen is die Here; U alleen, O Christus, is, met die Heilige Gees, die allerhoogste in die heerlikheid van God die Vader. Amen.

Dan sal die Priester (of die Biskop, indien hy teenwoordig is) hulle met hirdie Seën laat gaan.

DIE vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, bewaar u harte en gedagtes in die kennis en liefde van God, en van sy Seun Jesus Christus onse Heer: en die seën van God die Almagtige, die Vader, die Seun, en die Heilige Gees, sy en bly met u vir altyd. Amen.

¶ Gebede wat ná die Gebed van die Dag, of vóór die Seën, gesê mag word. Ander Gebede mag ook deur die Biskop goedgekeur word al na dit nodig mag wees.

SIEN, Allerheiligste Drieëenheid, met welgevalle neer op hierdie diens en aanbidding; en mag hierdie offer hier vor u aangesig gebring u Goddelike Majesteit welbehaaglik wees, en dien vir ons en vir almal namens wie ons dit aangebied het; wat leef en regeer, één God, tot in alle ewigheid. Amen.

O HERE Jesus Christus, wat aan u Apostels gesê het, Vrede laat ek julle na, my vrede gee ek julle: Let nie op ons sondes nie maar op die geloof van u Kerk, en skenk dit daardie vrede en eenheid wat U welgevallig is; wat met die Vader en die Heilige Gees leef en regeer, één God, tot in alle ewigheid. Amen.

O EWIGE Here God, wat alle siele in die lewe behou: Ons smeek U, bestraal u ganse Kerk in die Paradys en op aarde met due glansryke lig van u aanskyn en hemelse troos; en gee dat ons, wat die goeie voorbeeld navold van hulle wat U hier liefgehad en gedien het en nou rus, ten laaste saam met hulle mag ingaan in die volheid van u nimmereindigende vreudge; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.

HELP ons genadiglik, O Heer, in hierdie smekinge en gebede van ons, en beskik die weg van u diensknegte tot die verkryging van die ewige saligheid; opdat hulle, onder al die veranderlikhede en wisselvallighede van hierdie verganklike lewe, altyd deur u allergenadigste en geredelike hulp beskerm mag word; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.

O ALMAGTIGE Heer, en ewige God, wil genadiglik, ons smeek U, beide ons harte en liggame in die weë van u insettinge, en in die werkinge van u gebooie, so lei, heilig en bestier; dat ons onder u allermagtigste beskerming, nou en vir ewig, na siel en liggaam bewaar mag bly; deur onse Heer en Saligmaker Jesus Christus. Amen.

GEE, ons smeek U, Almagtige God, dat die woorde wat ons vandag met ons liggaamlike ore gehoor het, deur u genade so op ons harte ingeskerp mag word, dat hulle in ons die vrugte van ’n godsalige wandel mag voortbring, tot eer en lof van u Naam; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.

LEI en bestier ons, O Heer, in al ons werker met u allergenadigste guns, en help ons met u voortdurende hulp aan; opdat ons, in al ons werke begin, voortgesit, en voleindig in U, u heilige Naam mag verheerlik, en uiteindelik deur u barmhartigheid die ewige lewe mag beërf; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.

ALMAGTIGE God, bron van alle wysheid, wat ons behoeftes ken voor ons vra, en ons okunde as ons vra. Ons smeek U om lydsaamheid in ons swakhede; en die dinge, wat ons tengevolge van ons onwaardigheid nie durf vra nie en in ons blindheid nie kan vra nie, vergun ons dit, terwille van die waardigheid van u Seun Jesus Christus onse Heer. Amen.

ALMAGTIGE God, wat beloof het om die bedes van hulle wat in die Naam van u Seun vra, te verhoor: Ons smeek U om genadiglik u oor te neig tot ons wat nou ons gebede en smekinge tot U opgestuur het; en gee, dat daardie dinge, wat ons getrou volgens u wil gevra het, kragdadiglik verwerf mag word, tot verligting van ons behoeftes, en openbaarmaking van u heerlikheid; deur Jesus Christus onse Heer. Amen.
 

Thanksgiving

GEPASTE VOORREDES

Op Kersdag en tot die Epifanie, en (met die weglating van die woorde soos op hierdie tyd) op die Feesdae van die Purifikasie en die Annunsiasie.

OMDAT U Jesus Christus, u enigste Seun, gegee het om vir ons soos op hierdie tyd gebore te word; wat, deur die werking van die Heilige Gees, waaragtig mens geword het van die wese van die Maagd Maria sy moeder; en dit sonder smet van sonde, om ons te reinig van alle sonde. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op die Epifanie en die sewe dae daarna.

DEUR Jesus Christus onse Heer; wat, in wese van ons verganklike vlees, sy heerlikheid geopenbaar het, opdat hy alle mense oral uit die duisternis in sy eie wonderlike lig mag bring. Daaron prys en verheerlik ons, ens.

Op Donderdag voor Paasfees.

DEUR Jesus Christus onse Heer; wat, wyl hy sy eie wat in die wêreld was liefgehad het, hulle tot die einde liefgehad het, en in die nag voordat hy gely het hierdie heilige verborgenhede ingestel het, opdat ons, wat die seëninge van sy Lyding ontvang en deur sy Wederopstanding lewend gemaak is, deelgenote van sy goddelike natuur gemaak, en met al die volheid van God vervul mag word. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op Paasdag en tot Hemelvaartsdag.

MAAR veral is ons verplig om U te loof vir die heerlike Wederopstanding van u Seun Jesus Christus onse Heer: want hy is die ware Paaslam, wat vir ons aangebied is, en die sonde van die wêreld weggeneem het; wat met sy dood die dood te niet gedoen het, en deur sy opstanding tot die lewe die ewige lewe aan ons teruggegee het. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op Hemelvaarstdag en tot Pinksterdag.

DEUR u allerliefste geliefde Seun Jesus Christus onse Heer; wat na sy allerheerlikste Wederopstanding aan al sy Apostels openlik verskyn het, en voor hulle oë na die hemel opgevaar het om ’n plek vir ons te berei; opdat waar hy is, ons ook daarheen mag verrys, en met hom in heerlikheid regeer. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op Pinksterdag en die ses dae daarna.

DEUR Jesus Christus onse Heer; wat, nadat hy tot vér bo al die hemele opgevaar het en aan die regterhand van u Majesteit geplaas is, soos op hierdie tyd u heilige en lewegewende Gees op die aangenome kinders uitgestort, opdat die vreugde van die ewige evangelie deur sy heerlike krag oor die hele wêreld mag uitgaan; waardeur ons uit die duisternis en dwaling gevoer is tot die helder lig en ware kennis van U, en van u Seun ons Saligmaker Jesus Christus. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op Drieëenheid-Sondag.

WAT met u eniggebore Seun en die Heilige Gees een God, een Here, in die Drieëenheid van Persone en in Eenheid van Wese is; want wat ons glo van u heerlikheid, O Vader, glo ons ook van die Seun en van die Heilige Gees, sonder enige verskil of onderskeid. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op die Transfigurasie.

OMDAT die heerlikheid van u Woord in Vlees ter aansage van ooggetuies van sy Majesteit op die heilige berg geskyn het, en die krag en koms van sy Koninkryk met sy Heiliges geopenbaar het. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

Op die Dag van Alle Heiliges en (behalwe wanneer die Gepaste Voorrede van een of ander van die Groot Feesdae vasgestel is om gesê te word) op die Feesdae van Apostels en Evangeliste, en die Geboorte van S. Johnannes die Doper.

WAT ons in u Heiliges ’n voorbeeld van ’n godsalige lewe en ’n heerlike waarborg vir die hoop van ons roeping gegee het; opdat ons, omgewe deur so ’n grote wolk van getuies, die wedloop wat voor ons gestel is met geduld mag loop, en met hulle die kroon van heerlikheid, wat nie wegkwyn nie, mag ontvang. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

By die Herdenking van die Onstlapenes.

DEUR Jesus Christus onse Heer, wat die lewe en onverganklikheid aan die lig gebring het, opdat ons, wat onder die las van die sonde en die dood gebuk gaan, nie mag treur soos diegene wat geen hoop net nie; want ons weet dat ons ’n beter woning sal hê wanneer ons aardse tabernakel afgebreek is. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

By die Toewyding van ’n Kerk, of Gedenkdag van die Toewyding.

WAT, ofskoon die Hemel der hemele U nie kan bevat nie, en u heerlikheid in die hele wêreld is, nogtans die aardse woninge aan u naam toegewy aanneem, en in hulle genadegawes op u gelowige volk uitstort. Daarom prys en verheerlik ons, ens.

  

Proper Prefaces

¶ Wanneer die Bedienaar die viering van die heilige Kommunie afkondig, sal hy, tenminste voor die Groot Feesdae, en na sy goeddunke op ander tye, die volgende Vermaning lees.

SEER geliefdes, op ——— dag eerskomende is ek voornemens om, met Gods hulp, aan almal wat uit ’n godsdienstige en vrome drang daartoe geneig is die allertroosryke Sakrament van die Liggaam en Bloed van Christus, te bedien; om deur hulle ontvang te word tot gedagtenis aan sy verdienstelike Kruis en Lyding; waardeur alleen ons vergewing van ons sondes erlang, en deelgenote gemaak word van die koninkryk van die hemel.
    Daarom is dit ons plig om ons ootmoedige en innige dank aan die Almagtige God ons hemelse Vader toe te bring, omdat hy sy Seun ons Saligmaker Jesus Christus gegee het, nie net om vir ons te sterf nie, maar ook om ons geestelike lewe en voedsel in daardie heilige Sakrament te wees; waartoe ek, in die naam van God, almal hier teenwoordig uitnooi, wat deur God self op so ’n liefdevolle wyse geroep en uitgenooi word; en ek vermaan u om, terwille van u eie saligheid, deelgenote van hierdie heilige Kommunie te wees.
    Dit is baie maklik vir die mens om te sê, Ek sal nie die Kommunie ontvang nie, omdat ek deur ander wêreldse besigheid verhinder word. Maar sulke verskonings word nie so maklik deur God aangeneem of toegelaat nie. En as enige mens sê, Ek is ’n gruwelike sondaar, en daarom is ek bevrees om te kom: waarom het u dan nie berou en verbeter u nie? Daarom smeek ek u om, terwille van die Here Jesus Christus, nie te weier om na hierdie heilige Sakrament te kom nie, waarin ons op geestelike wyse die vlees van Christus eet, en sy Bloed drink; waarin ons in Christus woon, en Christus in ons; ons één met Christus is, en Christus met ons.
    En, omdat ons hierdie heilige verborgenhede met ’n berouvolle hart en ’n lewende geloof moet ontvang, is dit intussen my plig om u te vermaan om die plegtiheid van daardie heilige verborgenheid te onthou, en te bedink hoe die Heilige Paulus alle persone vermaan om hulle naarstiglik te ondersoek, voordat hulle dit waag om van daardie Brood te eet, en van daardie Beker te drink. Oordeel u daarom self, broeders, opdat u nie deur die Heer geoordeel word nie; toets uself aan die bepaling van Gods gebooie; beoefen ’n lewende en standvastige geloof in Christus ons Saligmaker; verbeter u lewens, en leef in volmaakte liefde met alle mense; also sal u waardige deelgenote van daardie heilige verborgenhede wees.
    En wanneer u sal merk dat u oortredings van so ’n aard is dat dit nie alleen teen God is nie, maar ook teen u naastes, dan sal u, u met hulle versoen; en gereed wees om aan hulle vergoeding en genoegdoening te gee, na die uiterste van u vermoë, vir alle leed en onreg deur u aan enige ander een gedoen; en insgelyks gereed wees om ander te vergeef wat u aanstoot gegee het, soos us vergewing van Gods hand sou verwag vir u eie oortredings.
    En omdat dit vereis word, dat niemand tot die heilige Kommunie sal toetree nie, tensy met 'n volle vertroue in Gods genade, en met ’n geruste gewete; daarom, as daar enigeen van u is, wat nie sy eie gewete op hierdie wyse gerus kan stel nie, maar meer troos en raad nodig het, laat hom na my toe kom, of na enige ander Bedienaar van Gods Woord, en sy hart uitstort; opdat hy deur die bediening van Gods heilige Woord, die seëning van die absolusie mag ontvang, saam met geestelike raad en voorligting tot gerusstelling van sy gewete, en vermyding van alle beswaar en twyfel.

En daar sal geen bediening van die Here se Avondmaal wees, tensy daar minstens een is om die Kommunie saam met die Prieste te outvang nie.

¶ En in Katedrale- of Kollegiale- Kerke, en Kolleges, waar daar baie Priesters en Diakens is, sal hulle almal ten minste elke Sondag die Kommnie saam met die Priester ontvang, tensy hulle 'n goeie rede ter verskoning het.

¶ En om alle geleentheid tot tweendrag, of bygeloof, wat enige persoon aangaande die Brood en Wyn het of mag hê, te verwyder, sal dit voldoende wees as die Brood dieselfde is as wat gewoonlik geëet word; dog die beste en fynste Koringbrood wat maklik verkry kan word.

¶ As die Gewyde Brood of Wyne opraak voordat almal Kommunie ontvang het, moet die Priester meer wy óf (a) beide soorte, met die herhaling van die Woorde van die Wydingsgebed wat begin met “Hoor ons, O barmartige Vader” en eindig by “hemelse seêning”; of (b) die een of ander soort, volgens die Formulier vir daardie doel in die “Book of Common Prayer” (1662) aangegee.

¶ En as daar oor is van die Brood en Wyn wat gewy is, sal dit nie uit die Kerk uitgeneem word nie, maar die Priester en sodanige ander Kommunikante as wat hy na hom toe mag roep, sal dit, onmiddellik nâ die Seën, met eerbied eet en drink: tensy vir sover anders bepaal is in die Formulier vir die Kommunie van die Siekes.

¶ Die Brood en Wyn vir die Kommunie sal deur die Leraar en Kerkopsieners op koste van die Parogie verskaf word.

¶ Dit is die plig van elke Kommunikant om die Heilige Sakrament dikwels te ontvang, en veral op die Groot Feesdae van die Kerk, waarvan Passfees een moet wees. Die kanonieke verpligting van ’n Kommunikant van die Kerk van hierdie Provinsie is om die Heilige Kommunie minstens driemaal gedurende die jaar te ontvang.

¶ En elke Parogielid sal, jaarliks met Paasfees, met die Rektor, Vikaris, of Leraar, of sy of hulle Plaasvervanger of Plaasvervangers afreken; en aan hulle of hom alle Kerklike Verpligtings, gewoonlik dan en op daardie tyd betaalbaar, betaal.

¶ Na die Godsdiensoefening oor is, sal die geld, by die Offertorium gegee; aan sulke goeie of liefdadige doeleindes bestee word, as wat die Bedienaar en Kerkopsieners goed sal ag. Ingeval hulle daarin verskil, sal dit bestee word soos die Biskop sal bepaal.

¶ Op werkdae, wat nie Feesdae is nie, mag die Geloofsbelydenis en Gloria in Excelsis, met verlof van die Biskop, uitgelaat word, en mag die verkorte vorme van die Belydenis en Absolusie (bladsye 9 en 10) by die VOORBEREBIDING gebruik word.

 

Exhortation

GEBEDE
GOEDGEKEUR DEUR DIE EPISKOPALE
SINODE EN WAT NET VÓÓR DIE SEËN
GESÊ MAG WORD

Advent.

GEE, O Almagtige God, dat soos u geseënde Seun Jesus Christus by sy eerste koms gekom het om te red wat verlore was, hy so by sy tweede en heerlike verskyning in ons die vrugte van die saligmaking mag vind wat hy bewerkstellig het; wat met U en die Heilige Gees leef en regeer, één God, tot in ewigheid. Amen.

Kersfeedag
en tot die vooraand van die Epifanie, ingeslote.

O BARMHARTIGE Jesus, wat, toe U dit op U geneem het om die mens te verlos, nie die skoot van die Maagd verasfku het nie: Wil altoos in die harte van ons u diensknegte woon; besiel ons met u reinheid; versterk ons met u krag; maak ons volmaak in u weë; wys ons die weg tot u waarheid; en verenig ons met U en u hele Kerk deur u heilige verborgenhede; opdat ons elke teenmag mag oorwin, en volslae aan u diens gewy en na u wil gevorm mag wees; tot die heerlikheid van God die Vader. Amen.

Die Epifanie
en sewe dae daarna.

ALMAGTIGE en ewige God, wat die volkere tot u lig en koninge tot die glans van u opstanding gevoer het: Vervul, ons bid U, die wêreld met u heerlikheid, en toon uself aan die hele mensdom, deur hom wat die ware lig is, die helder- en die môrester, selfs u Seun Jesus Christus onse Heer, wat met U en die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Van Asdag
tot die Saterdag voor Lydens-Sondag, ingeslote.

O GOD, wie se natuur en wese altoos is om genadig te wees en te vergewe: Ontvang ons nederige smeekbedes; en ofskoon ons met die ketene van ons sondes vasgemaak en gebonde is, laat nagtans die meedoë van u groot genade ons losmaak; ter ere van Jesus Christus, ons Middelaar en Voorspraak, wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Van Lydens-Sondag
tot Wit-Donderdag, ingeslote.

O GOD, wie se geseënde Seun die dood vir ons saligmaking oorwin het: Gee genadiglik dat ons, wat sy grote lyding in gedagte het, daagliks ons kruis mag opneem en hom volg; deur dieselfde Jesus Christus onse Heer, wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Paasdag
en tot die vooraand van Hemelvaart, ingeslote.

O GOD, wat u eniggebore Seun ter verlossing van ons tot die dood aan die kruis gegee het, en ons deur sy heerlike opstanding van die mag van die vyand verlos het: Gee dat ons daagliks so teen die sonde sterf, dat ons ewig met hom in die vreugde van sy opstanding mag lewe; deur dieselfde Jesus Christus onse Heer, wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Hemelvaartsdag
en tot die voornand van Pinksterdag, ingeslote.

O GOD, wie se geseënde Seun soos op hierdie tyd tot die troon van u Majesteit in die hemel opgevaar het: Gee dat, soos hy in heerlikheid aan u regterhand regeer, hy so in die harte van ons u diensknegte getroon mag wees, wat met U en die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

 

Pinksterdag
en die ses dae daarna.

O ALMAGTIGE God, wat op die dag van die Pinksterfees die Heilige Gees die Trooster gestuur het om vir ewig in u Kerk te bly: Skenk aan ons sy menigvuldige gawes van genade, opdat ons, deur sy waarheid verlig en deur sy teenwoordigheid gereinig, daagliks deur sy krag gesterk mag word; deur Jesus Christus bnse Heer, wat met U en dieselfde Gee, leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Dae van Heiliges.

O GOD, die Koning van Heiliges, ons loof en verheerlik u heilige Naam vir al u diensknegte wat hul lewensloop in u geloof en vrese voleindig het; en ons smeek U dat ons, deur hul voorbeeld aangemoedig, en gehelp deur hul gebede, uiteindelik hul gemeenskap in die ewige blydskap mag geniet; deur die verdienste van u Seun Jesus Christus onse Heer, wat met U en die Hetlige Gees leef en regeer; één God, tot in ewigheid. Amen.

Die Fees van die Toewyding van ’n Kerk
en sewe dae daarna.

O GOD, wat ons weer by die fees van die toewyding van hierdie heilige tempel van U gebring het, en ons toelaat om ons m veiligheid by u heilige verborgenhede aan te meld: Hoor die gebede van u mense, en gee dat wie ook al hierdie tempel sal binnegaan om u seën te vra, mag juig dat hy al sy smeekbedes erlang het; deur Jesus Christus onse Heer, wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer; altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Algemeen.

GEDENK, O Heer, wat U in ons bewerkstellig het en nie wat ons verdien nie; en daar U ons tot u diens geroep het, maak ons ons roeping waardig; deur Jesus Christus onse Heer, wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

GEE ons, O Heer, om ons nie met aardse dinge te moei nie, maar om hemelse dinge lief te hè; en, terwyl ons onder dinge vertoef wat aan verbygaan is, om dié aan te kleef wat sal bestaan; deur Jesus Christus onse Heer, wat met U in die eenheid van die Heilige Gees leef en regeer, altoos één God, tot in ewigheid. Amen.

Prayers which may be said just before the Blessing

 

Web author: Charles Wohlers U. S. EnglandScotlandIrelandWalesCanadaWorld